Atletiek
Organiseerder: Juffrou M. Maree
Proewe: Daar word uitdunne in ouderdoms verband gehou gedurende Kwartaal 4. Ons spog ook met ‘n fantastiese Gr. 1 atletiekaand aan die begin van Kwartaal 1, waar ons nuwe Arie kuikens die geleentheid kry om ook deel te wees van ons voorlopige atletiekspan.
Oefeninge: Atletiek oefeninge vind plaas elke Maandag tot Donderdag middag direk na skool. Die juniors en seniors oefen ook apart.
Spanne: Gedurende die atletiek seisoen neem Laerskool Die Arend deel aan talle vriendskaplike byeenkomste wat ons atlete voorberei vir die Interlaer. Die byeenkomste word ook gebruik om ons finale atletiekspan te bepaal wat Laerskool Die Arend by die jaarlikse interlaer, Groter Brakpan en D5 kampioenskappe gaan verteenwoordig.
Afrigting:
Laerskool Die Arend bied die volgende items tydens atletiek seisoen aan:
- Naellope
- Hekkies
- Middelafstande
- Hoogspring
- Verspring
- Gewigstoot
Daar is ook twee afrigters per item. Ons atletiek word deur bekwame personeel van Laerskool Die Arend afgerig.
Kompetisie: Atletiek is ‘n individuele sport wat vir beide seuns en dogters aangebied word. Ons atletiek seisoen begin elke jaar in Kwartaal 4 en hou aan tot die einde van die nuwe jaar.
Prestasies: Ons is baie trots op ons atlete. Gedurende die 2020 atletiek seisoen het 8 van ons atlete deur gedring na die Gauteng kampioenskappe.
Addisionele Inligting: Die atletiek seisoen is een van die hoogtepunt van die jaar. Ons atlete verteenwoordig ons altyd met trots en presteer ook fantasties.