Hokkie

Organiseerder: Juffrou Bernadine Momberg
Proewe: o/12 en o/13 dogters neem ook daal aan Streeks proewe. In 2018 kry 3 van ons meisies span in die High Performance Team. In 2019 het 1 van ons dogters deurgedring na die High Performance Team.
Toere: Die afgelope 2 jaar toer ons na Aventure Peaks in Pretoria. Ervare en gekwalifiseerde afrigters verfyn ons meisies se vaardighede en gee leiding waar nodig. Hier word die meisies blootgestel aan Astrobane. In 2020 het ons beplan om na Volksrust te toer.
Oefeninge: Ons buurskool, Hoërskool Stoffberg, is so goedgesind teenoor ons dat ons hul velde mag gebruik vir oefening. Vaardighede, fiksheid en spangees is hier aan die orde van die dag.
Spanne: Van o/10 tot o/13 (1ste Span) speel groot veld hokkie. o/11 – 1ste Spanne neem deel aan liga wedstryde. Ons o/12 span bestaan slegs uit o/12 dogters en die 1ste Span slegs uit o/13 dogters.
Afrigting: Ons is in die bevoorregte posisie om 7 vlak 0 skeidsregters te hê. Al ons afrigters is ook in besit van ‘n vlak 1 afrigting sertifikaat.
Liga: o/11 – 1ste Spanne neem deel aan liga wedstryde. o/10 spanne speel ook vriendskaplike wedstryde tydens ons liga.
Prestasies: In 2019 eindig ons o/12 span 2de in die liga en dring deur na die o/12 Easterns uitspele waar hul 5de eindig vir die dag.