Krieket
Organiseerder: Mnr. J Venter
Proewe: Elke leerder wat wil deelneem aan die proewe word ‘n gelyke kans gegee. Tydens die proewe sal leerders se vaardighede soos kolf-en boulwerk getoets word.
Toere: Die 1ste en o/11 krieketspanne gaan jaarliks op ‘n toer. Tydens hierdie toer word hul vaardighede opgeskerp en kry hulle die geleentheid om voor te berei vir die liga
Oefeninge: Krieketspanne oefen in die krieketseisoen van Maandag tot Donderdag direk na skool. Laerskool Die Arend se krieket spelers en afrigters het die volgende toerusting tot hul beskikking om hul vaardighede te verbeter en goed voor te berei vir die seisoen:
6 Krieket nette
2 Krieket velde
Boul masjiene
Konkryt blaaie met matte
Krieket toerusting om te leen vir seuns wat nog nie hul eie het nie
Spanne: By Laerskool Die Arend kry ons seuns die geleentheid om deel te wees van die volgende spanne: o/9, o/10, o/11, 2de en 1ste span.
Afrigting: Elke span het 2 afrigters, sodoende kan daar aandag gegee word aan elke leerder en die spesifieke vaardighede van die spelers. Laerskool Die Arend beoog ook om weer ‘n krieket kliniek vir die seuns aan te bied, dit was in die verlede baie suksesvol en die seun baat beslis by die vaardighede wat hul tydens die kliniek aanleer.
Liga: Ons krieket spanne speel in die Blesbokspruit A1 liga. In hierdie liga speel ons teen L/s Jan van Riebeeck, L/s Duduza, L/s Tini Vorster, L/s Selectionpark en CBC.
Prestasies: In 2019 het ons o/10 krieketspan tot die Easterns uitspele gevorder. Die o/9 krieketspan het tot die Blesbokspruit finale gevorder. o/11, o/12 en o/13 spelers neem deel aan die Blesbokspruit proewe. Een van ons seuns behaal die o/12 Easterns span.
Addisionele inligting: Elke jaar bied Laerskool Die Arend ‘n Super 16 kriekettoernooi aan. Hierdie toernooi is al 13 jaar oud. Tydens die 2 week lange toernooi neem 16 skole se 1ste spanne teen mekaar deel. Na afloop van die toernooi ontvang die Plaat- en Beker wenner ‘n wisseltrofee.