Kultuur
Junior en Senior koor
Organiseerder: Me. Elri Bradford
Oudisies: Tydens ons oudisies word die suiwerste stemme gekies om deel te wees van die koor groep.
Oefeninge: Dit verg baie selfdissipline en deursettingsvermoë om ‘n lid van die koor te wees, want daar word in die aande geoefen. Op vasgestelde weeksdae oefen die juniors van 17:00 tot 18:00 en die seniors van 18:00 tot 19:00.
Spanne: Die Junior koor bestaan uit leerders van Gr.1,2 en 3.
Die Senior koor bestaan uit leerders van Gr. 4 tot 7.
Afrigting: By die Junior koor is Me. Elri Bradford die koorleier en Me. Sophia Bester die begeleidster. By die Senior koor is Me. Elri Bradford die koorleier, Mnr. Nick Neethling help met afrigting en Me. Sophia Bester ook die begeleidster.
Kompetisie: Die kore neem deel by verskeie kunswedstryde en gaan tree op by kerke. In 2019 het Laerskool Die Arend vir die eerste keer ‘n Koorfees aangebied.
Prestasies: Koorsang help met ‘n holistiese ontwikkeling. Met koorsang kan alle grense oorsteek word. ‘n Liefde vir musiek word gekweek. Alhoewel prestasies ‘n produk is van baie harde werk, is dit nie die begin en die einde nie.
Revue
Organiseerder: Me. Elri Bradford en Me. Sophia Bester
Oudisies: ENIGE Arie wat graag wil deelneem mag kom deel wees van die pret.
Oefeninge: Daar word fluks geoefen in aktiwiteits periodes en daar mag dalk verwag word dat groepe in die aande saam met die choreograaf moet kom oefen.
Groepe: Leerders neem in Graad verband deel. Daar is ‘n Junior- en Senior sanggroep wat die klankopnames doen. As jy lekker ritme het mag jy dalk gelukkig genoeg wees om deel te wees van die “Spes” groep wat ‘n spesiale liedjie dans.
Afrigting: Die baie bekwame onderwysers rig hulle onderskeie graad groepe af met die hulp van ‘n choreograaf. Die sanggroepe word ook deur die onderwysers afgerig.
Prestasies: Om ‘n suksesvolle produksie aan te bied met leerders vanaf Gr. R tot by Gr.7 is ‘n prestasie op sy eie! Dit is vet pret om deel te wees van die Revue. Jy sal beslis uit mis as jy nie deelneem nie.