Nuwe Arie Ouers

Baie welkom voornemende Arie ouer, graag wil ek u bedank vir die tyd wat u spandeer om u te vergewis van die feite oor ons skool. Loer gerus na ons gedetailleerde prospektus wat u op die skakel hier onder kan aflaai. Indien u nog vrae het en die hartlike Arie-atmosfeer eerstehands wil ervaar is u welkom om ‘n draai by ons omgeeskool te kom maak.

 

 

Vir u gerief is al die Inskrywings dokumentasie digitaal aflaaibaar en kan die volledige inskrywingsvorm en addisionele dokumentasie na info@laerskooldiearend.co.za ge-epos word. Kontak gerus die kantoor indien u meer inligting verlang.