Ouerbetrokkenheid

Ons voer ‘n oop-deur-beleid en daarom is u as ouer te alle tye hartlik welkom by ons skool. U betrokkenheid en die ondersteuning van die skool en van u kind is vir ons van kardinale belang.

Gedurende elke kwartaal word oueraande gereël en word u as ouer genooi om nader kennis te maak en om probleme met die personeel te kom bespreek.

Sake rakende ons kinders kan dan openhartig en vertroulik bespreek word.

Sportbyeenkomste en projekte kan u met ons meemaak. So word ons dan ‘n hele gelukkige skoolgemeenskap wat deel het aan die bou van ‘n lewenslange tradisie.

Ontmoet gerus ons bekwame Beheerliggaam korps:

Mnr. Cecil Strydom  |  Me. Lizelle Puchert  |  Mnr. Gideon Lange  |  Me. Elize De Jager  |  Mnr. Tommie Momberg

Me. Jacqueline Van Dyk  |  Mnr. Kobus Puchert  |  Mnr. Hendeon Britz  |  Me. Rianie Taljaard