Skaak

Organiseerder: Juffrou V. Kruger
Proewe: Die finale skaak span word tydens die jaarlikse proewe bepaal. Enige skaak-boffen kan ‘n skuif kom maak.
Oefeninge: Skaak spanne oefen deur die loop van die week, in die middae na skool.

Maandae: 14:00 – 14:45 o/9

Woensdae: 14:00 – 14:45 o/11

Donderdae: 14:00 – 14:45 o/13

Spanne: Ons Aries kan volgens hul ouderdom in die 0/9, 0/11 en 0/13 groepe deelneem.
Kompetisie: Ekurhuleni Toernooi-Individueel-Groep ofGauteng Teornooi
Prestasies: Alhoewel skaak ‘n eeu-oue sport is, bied Laerskool die Arend hierdie buitemuurse aktiwiteit vanjaar vir die tweede keer aan. Ons is opgewonde om te sien hoe ons deelnemers presteer tydens die kompetisies.