Netbal
Organiseerder: Juffrou C. Koekemoer
Hier by Laerskool Die Arend is Netbal vir ons ‘n passie en elke afrigter sit 110% in en ons pluk die vrugte daarvan na elke seisoen. Ons Netbalspanne speel in die Ekurhuleni B liga. Nadat ons vir die afgelope 5 jaar liga amper met al ons spanne die liga gewen het in ons Distrik het ons op beweeg na ‘n hoër liga toe. Ons het ook tans 5 splinternuwe Netbalbane laat bou op ons sportgronde asook ‘n klubhuis waarop ons baie trots is. Ons het ook onlangs spreiligte op ons bane opgerig sodat ons byeenkomste in die aand kan aanbied. Ons het in 2019 ook vir die eerste keer ‘n “Fast 5” toernooi op ons Netbalbane gehou, dit was ‘n groot sukses .Daar word ook baie vriendskaplike wedstryde teen Super skole gespeel ter voorbereiding vir die liga.
Spanne: Ons 0/8 – 0/13 A en B spanne neem deel aan die liga, Ons proewe vind reeds in die 4 de Kwartaal plaas. Ons proewe is oop vir alle dogters om te kom deelneem. Hier by Laerskool Die Arend glo ons daaraan om vir elke dogter ‘n kans te gee om ‘n plekke te kry in ‘n span. Ons proewe word gedurende skooltyd gehou en daar word vir elke dogter ‘n regverdige kans gegun.
Toere: 0/9 – 0/13 A en B spanne gaan toer die afgelope 3 jaar in Thabazimbi waar ons aan hulle jaarlikse Hardekole rugby en netbal dag deelneem. Dit is altyd ‘n groot gebeurtenis op ons kalender. Ons hou ook spanbou aktiwiteite op ons toere waar die dogters mekaar as ‘n span beter leer ken en die afrigters ook kwaliteit tyd saam hulle spanne geniet.
Netbal kliniek: Ons reël ook jaarliks ‘n Netbal kliniek vir die dogters en die afrigters waar ons dogters en afrigters baie nuwe vaardighede aanleer. Ons kry elke jaar ‘n bekwame professionele dame om ons op haar gebied tou wys te maak,
Oefening: Elke ouderdomsgroep het twee afrigters. Spanne oefen Maandag tot Donderdag, Die 0/8 en 0/9 oefen van 2 tot 3. Die 0/10 tot 0/13 oefen van 2-4 behalwe op die dae waar daar wedstryde gespeel word.
Afrigters: Afrigters skryf jaarliks skeidsregters eksamen, Afrigters woon ook gedurende die jaar werkswinkels en klinieke by. Gradering van skeidsregters vind ook jaarliks op Distrik en Provinsiale vlak plaas. Ons is ook een van die min skole in ons dorp wat kan spog met ‘n SASAN gegradeerde skeidsregter.
Fast 5: Ons het in 2018 begin deelneem aan Fast 5 toernooie. Ons 0/11 en 0/13 spanne het baie goed gevaar. In 2019 het ons die eerste Fast 5 toernooi in ons Distrik aangebied.
Prestasies: Ons 0/10-0/13 spanne is al vir 4 jaar agtereenvolgens Liga en Liga naaswenners.
2016: 0/10 is Distrik wenners en Ekurhuleni wenners dit is die eerste keer in die skool se Geskiedenis wat ‘n span die Ekuhuruleni uitspele wen.
2017: 0/11 en 0/12 Distrik wenners en gaan deur na die eerste rondte van die Ekurhuleni uitspele.
2018: 7 Spanne word bekroon as Distrik wenners. 3 Spanne dring deur na die die eerste rondte van Ekurhuleni uitpspele
2019: 8 Spanne word bekroon as Distrik wenners, 4 Spanne dring deur na die eerste rondte van Ekurhuleni uitspele.
HIER BY DIE AREND IS NETBAL VIR ONS ‘N PASSIE EN STREEF ONS NET OM ELKE JAAR HOëR HOOGTES TE BEREIK.
Mini-netbal
ORGANISEERDER: Juffrou C. Wilsnagh
PROEWE: By Laerskool die Arend wil ons graag ‘n liefde vir die sport koester by ons leerders. Dus, word gebruik gemaak van massa deelname sodat elke dogter vanaf o/6 – o/8 ‘n kans kry om te speel. o/9 Spanne neem deel aan proewe waar daar ‘n oefen groepie gekies word.
TOERE: Ons o/6 – o/8 dogters toer nie, maar wel die o/9 dogters. Op hierdie manier kry ons dogtertjies van jongs af die geleentheid om ‘n toer te geniet en hul netbal vaardighede te verbeter.
OEFENING: Ons Arie dogtertjies begin direk na die atletiek seisoen met mini-netbal oefening. Enige dogter wat belangstel in die sport mag oefening bywoon en sal ‘n speelbeurt kry. Hier help ons oulike mini-netbal juffrouens elke dogter om hul netbal vaardighede te verbeter.
SPANNE: Die hoeveelheid spanne wat ons het, hang af van die hoeveelheid dogtertjies wat deelneem aan mini-netbal.
AFRIGTING: Daar is per span genoeg afrigters sodat elke dogter behoorlik kans kry om hul vaardighede te verbeter en hulp te ontvang. Daar is dus 4 afrigters vir o/6, o/7 en o/8 spanne en 2 afrigters vir o/9 spanne.
KOMPETISIE / LIGA: Ons mini-netbal neem aan toernooie deel wat op Saterdae plaasvind. Elke dogter kry teen minste 2 speel beurte per toernooi. Ons toernooie vind ook elke week by ‘n ander skool plaas, sodoende speel ons dogters teen ‘n verskeidenheid spanne.
PRESTASIES: Ons Arie netbalpoppe ontvang ‘n verdienste sertifikaat vir hul deelname aan mini-netbal.