Rugby

Organiseerder: Mnr. C van Zyl
Proewe: Elke leerder het die geleentheid om aan die proewe deel te neem. Ons as afrigters gee elke kind die nodige tyd en geleentheid om homself te bewys. Proewe word in skooltyd gehou. Tydens die proewe speel die seuns ‘n wedstryd teen mekaar. Ons gun elke seun die geleentheid om te speel asof dit ’n regte wedstryd is. Mediese personeel en skeidsregters monitor die wedstryde om ons seuns se veiligheid so ver as moontlik te verseker.
Toere: Laerskool Die Arend se rugbyspanne toer gewoonlik saam met die netbal dogters. Ons neem al vir ’n geruime tyd deel aan die Hardekool week in Thabazimbi. Die seuns geniet die toere vreeslik baie. Ons slaap die aand voor die toernooi in Thabazimbi se koshuis en na die toernooi vertrek ons na Kwaggasrus vir een of twee aand om so bietjie aan die seuns se spanbou te werk.
Oefeninge: Tydens die rugby seisoen oefen die seuns elke middag op ons skool se 4 rugbyvelde. Elke afrigter is verantwoordelik vir sy eie span. Afrigters hou die oefeninge interessant en help die spelers waar nodig. Die afrigters werk streng met hulle spanne om goeie resultate te handhaaf. Afrigters fokus nie net op die wen motief nie, spanbou en lewenslesse is ook belangrik.
Spanne: Daar is o/9 tot 0/13 A en B spanne. Elke span het sy eie afrigter.
Afrigting: Ons het ten minste 2 afrigters per span. Een afrigter fokus op die voorspelers, die ander op agterspelers. Die volgende afrigters is betrokke by Laerskole Valke of Brakpan streek rugby.

Mnr. Pierre Muller – Voorsitter van die Brakpan streek.

Mnr. Tommie Momberg – Valke provinsiale afrigter, Sekretaris van Brakpan streek.

Mnr. Cecil Strydom – Valke provinsiale afrigter.

Mnr. Gideon Lange – Ondervoorsitter van Laerskole Valke unie.

Mnr. Martin Rabie – Skeidsregter verteenwoordiger van die Brakpan streek.

Mnr. Chris Lotter – Valke rugby verteenwoordiger van die Brakpan streek.

Al die afrigters is World Rugby Level 1 geakkrediteer.

Die volgende afrigters is World Rugby Level 2 geakkrediteer: Mnr. Pierre Muller, Mnr. Martin Rabie en Mnr. Chris Lotter.

Liga: Ons neem in die A1 liga deel. Ons het in die afgelope 2 jaar elke keer die uitspele behaal. Ons o/10 span van verlede jaar het in die finaal gespeel. Ons o/9, 2des en 1ste span seuns het verlede jaar in die semi-finaal gespeel.
Prestasies: Ons het elke jaar spelers wat ons skool by die Laerskole Valke Unie in verskillende spanne en ouderdomsgroepe verteenwoordig.